Welkom by Vleissentraal (Edms) Bpk

Vleissentraal (Edms) Bpk is reeds meer as 75 jaar sinoniem met vee- en vleisbemarking in Suid-Afrika.  Die maatskappy spog met ‘n lang geskiedenis wat getuig van ‘n aktiewe rolspeler in georganiseerde landbou.

Vleissentraal bestaan uit vyf bedryfsfiliale wat saam met die boere in verskillende streke van Suid-Afrika werksaam is, naamlik:

 

 

Besoek ook gerus ons houermaatskappy, Subtropico Beperk, se webruimte vir meer inligting rakende die bemarking van u varsprodukte; en "Hoe om aandele te koop in Subtropico Beperk".

 

 

Nuuskantoor

Toekenningsfunksie - 2010: Op 13 Maart 2010 is ons jaarlikse Toekenningsfunksie by die Cadillac Teater in Pretoria gehou. Hierdie jaar, was dit ‘n funksie met ‘n verskil. Ons het dit gekombineer met ‘n D J Ossewa-“show” en ‘n lekker dans daarna! 
                            meer

Vleissentraal-LNR Spesiale Prestasietoetsklas. Eienaar van wenbul ontvang skildery.: Een van die hoogtepunte van die Pretoria Skou wat jaarliks gedurende September in Pretoria plaasvind, is om die toppresteerders in Suid-Afrika se nasionale beeskudde aan te wys. Vleissentraal in samewerking met LNR, bied vir die afgelope 31 jaar die Spesiale Prestasietoetsklas vir Fase C-getoetse bulle aan.
                            meer

SA-rekords spat by die GROOTSTE wildveiling nog ooit …: Ons Bosveld-tak het op 23 September 2009 ‘n wildveiling op die baie bekende wildplaas, Thaba Tholo by Thabazimbi aangebied. By hierdie veiling het Mnr Willie Roux van Vleissentraal Bosveld as afslaer opgetree.
                            meer

Oos-Transvaal se Ram- en Bulveiling aangebied deur Vleissentraal - Ermelo: Soos in die verlede, was Ermelo-skougronde op 28 en 29 Julie ‘n miernes van bedrywighede, toe die GROOTSTE Bul- en Ramveiling van sy soort in die suidelike halfrond daar plaasgevind het.
                            meer

Spesiale Prestasietoetsklas 2009 … ‘n hoogtepunt by Pretoria Skou: Een van die hoogtepunte van die Pretoria Skou wat jaarliks gedurende Augustus/September in Pretoria plaasvind, is om die toppresteerder in Suid-Afrika se nasionale beeskuddes aan te wys. Vleissentraal het weer soos in die verlede, in samewerking met LNR vir die afgelope 31 jaar, die Spesiale Prestasietoetsklas vir Fase C-getoetse bulle aangebied.
                            meer