|
Vleissentraal-LNR Spesiale Prestasietoetsklas. Eienaar van wenbul ontvang skildery.
Marinda van der Merwe
2010-04-29
Een van die hoogtepunte van die Pretoria Skou wat jaarliks gedurende September in Pretoria plaasvind, is om die toppresteerders in Suid-Afrika se nasionale beeskudde aan te wys. Vleissentraal in samewerking met LNR, bied vir die afgelope 31 jaar die Spesiale Prestasietoetsklas vir Fase C-getoetse bulle aan.
12 Bulle van verskillende rasse was weer ingeskryf, nadat hulle voldoen het aan die minimum standaarde om deel te neem, en goedgekeur is deur die onderskeie beesgenootskappe. Die beesrasse wat betrokke was by die Vleissentraal-LNR Spesiale Prestasietoetsklas, was onder andere Angus, Braunvieh, Charolais, Drakensberger, Gelbvieh, Hereford, Huguenot, Limousin, Pinzgauer, Red Poll, Santa Gertrudis en Sussex.
Die Gelbvieh-bul Nr ANS070113 van Ansoria Stoetery (Stilfontein) is aangekondig as die wenner van die Spesiale Prestasietoetsklas. Die eienaar van die Gelbvieh-bul, Me Ansoria Geldenhuys ontvang by die skou ‘n geraamde sertifikaat en wisseltrofee geborg deur Vleissentraal.
Na afloop van die skou word die wenbul deur David Johnson geskilder. Hierdie skildery, wat geborg word deur Vleissentraal, is op 3 Februarie 2010 in Kleksdorp deur Mnr Anton Vos (Uitvoerende Direkteur van Vleissentraal) aan Me Ansoria Geldenhuys oorhandig.
Geluk met hierdie besonderse prestasie !
 |
 |
|
Dr Shadrack Moephuli (LNR), Mnr Koos Geldenhuys, Me Ansoria Geldenhuys (Eienaar van bul) en Mnr Anton Vos (Uitvoerende Direkteur: Vleissentraal) by die Gelbvieh-bul wat as wenner van die Spesiale Prestasietoetsklas 2009 aangewys is. |
Van links: Mnr Wimpie du Plessis BesturendeDirekteur: Vleissentraal Bloemfontein, Mnr Anton Vos (Uitvoerende Direkteur : Vleissentraal) en Me Ansoria Geldenhuys by die skildery van Gelbvieh-wenbul, geskilder deur Mnr David Johnson. |
 |
 |
|
Mnr Anton Vos (Uitvoerende Direkteur : Vleissentraal) en Me Ansoria Geldenhuys by die skildery van Gelbvieh-wenbul, geskilder deur Mnr David Johnson. |
Mnr David Johnson, skilder van hierdie prag-skildery. |
<< Gaan terug
|