Oos-Transvaal se Ram- en Bulveiling aangebied deur Vleissentraal - Ermelo

Marinda van der Merwe
2009-10-23

Hier is die Merino-ram by die Verkoper, Mnr J J Wilkenson (links agter) en die Koper, Mnr L Jacobs van Middelburg. By hulle sit Paul Botha van ons Ermelo-tak.

Soos in die verlede, was Ermelo-skougronde op 28 en 29 Julie ‘n miernes van bedrywighede, toe die GROOTSTE Bul- en Ramveiling van sy soort in die suidelike halfrond daar plaasgevind het.

Hierdie “Oos-Transvaalse Bul- en Ramveiling” word as die grootste bestempel op grond van die verskeidenheid rasse wat opgeveil was. Daar was 13 Beesrasse met 317 voorafgekeurde bulle en sewe skaaprasse met voorafgekeurde skape, waarvan die meerderheid ramme was.

Die skaapras met die hoogste verkoopprys, was die SA Vleismerino wat vir ‘n bedrag van R13 500 verkoop is.

 

 

Die hoogste prys wat by die bulle behaal is,
was R45 000,00 onderskeidelik vir ‘n Boran-bul en Brahman-bul.

 

Mnr Mike Killassy en Mnr Paul Botha van Vleissentraal het as afslaers by hierdie veiling opgetree Agriforum se televisiespan was ook daar om alles op film vas te lê.

(foto links) Die “groot baas” van die veiling, mnr Wessel Meyer (Direkteur van die Ermelo-tak van Vleissentraal in die middel) saam met mnr Anton Vos (Uitvoerende direkteur van Vleissentraal) en Dr Piet Botha (Besturende Direkteur van Vleissentraal), wat ook die veiling bygewoon het.

 

En kyk … na ‘n lang dag se harde werk en sukses klink die boere saam met Vleissentraal ‘n glasie

 Volledige veilingstatitiek van hierdie veiling is op die webwerf van Vleissentraal Ermelo beskikbaar.

<< Gaan terug