|
SA-rekords spat by die GROOTSTE wildveiling nog ooit …
Marinda van der Merwe
2009-10-23
Ons Bosveld-tak het op 23 September 2009 ‘n wildveiling op die baie bekende wildplaas, Thaba Tholo by Thabazimbi aangebied. By hierdie veiling het Mnr Willie Roux van Vleissentraal Bosveld as afslaer opgetree.
Hierdie was nie sommer enige veiling nie … by hierdie veiling is daar 6 nuwe SA-rekords opgestel, en wat omset aanbetref, was dit die grootste wildveiling wat nog in Suid-Afrika aangebied is.
Die totale omset van die hierdie veiling het R51,395,850,00 beloop.
Hier volg ‘n kort opsomming van die nuwe SA-rekords:
|
Ou Rekord |
Nuwe Rekord |
|
Zambiese Swartwitpens koeie |
340,000.00 |
825,000.00 |
|
Waterbok bul |
20,000.00 |
100,000.00 |
|
Steenbok teelgroep |
2,500.00 |
3,000.00 |
|
Buffel teelgroep |
295,000.00 |
440,000.00 |
|
Buffel bul |
350,000.00 |
3,400,000.00 |
|
Buffel koeie |
450,000.00 |
600,000.00 |
 |
 |
| Buffelbul wat vir ‘n ongelooflike bedrag van R3,400,00.00 verkoop is. Die hoogste prys nog ooit behaal vir ‘n buffel ! |
Die Waterbokbul is vir R100,000.00 verkoop, teenoor die vorige rekord van slegs R20,000.00. |
Volledige veiligheidstatistiek van hierdie wildveiling is beskikbaar op die webwerf van Vleissentraal Bosveld.
<< Gaan terug
|