Marinda van der Merwe
2009-10-19
Een van die hoogtepunte van die Pretoria Skou wat jaarliks gedurende Augustus/September in Pretoria plaasvind, is om die toppresteerder in Suid-Afrika se nasionale beeskuddes aan te wys. Vleissentraal het weer soos in die verlede, in samewerking met LNR vir die afgelope 31 jaar, die Spesiale Prestasietoetsklas vir Fase C-getoetse bulle aangebied.
12 Bulle van verskillende rasse was weer hierdie jaar ingeskryf, nadat hulle voldoen het aan die minimum standaarde om deel te neem, en goedgekeur is deur die onderskeie beesgenootskappe. Die beesrasse wat hierdie jaar betrokke was by die Vleissentraal-LNR Spesiale Prestasietoetsklas was onder andere Angus, Braunvieh, Charolais, Drakensberger, Gelbvieh, Hereford, Huguenot, Limousin, Pinzgauer, Red Poll, Santa Gertrudis en Sussex.
Die Gelbvieh-bul Nr ANS070113 van Ansoria Stoetery (Stilfontein) is aangekondig aan die wenner van die Spesiale Prestasietoetsklas. Die eienaar van die Gelbvieh-bul, Me Ansoria Geldenhuys ontvang hiermee ‘n wisseltrofee en geraamde sertifikaat geborg deur Vleissentraal. Na afloop van die skou word die wenbul deur David Johnson geskilder, waarna dié skildery op ‘n latere stadium by ‘n gala-aand dan die eienaars oorhandig word.
 |
 |
Mnr Anton Vos (Uitvoerende Direkteur van Vleissentraal) saam met Me Ansoria Geldenhuys (eienaar van die Gelbvieh-bul) en Mnr Koos Geldenhuys. Heel links Mnr Shadrack Moepuli van die LNR. |
WENNER van die Spesiale Prestasietoetsklas 2009: Gelbvieh-bul Nr ANS070113 van Ansoria Stoetery, Stilfontein
|
 |
| Me Ansoria Geldenhuys, eienaar van die Gelbvieh-bul, met die wisseltrofee en geraamde sertifikaat geborg deur Vleissentraal wat sy ontvang het |
Deelnemers aan Spesiale Prestasietoetsklas 2009:
Twaalf telersgenootskappe het hul beste Fase C-getoetse bulle vir die Vleissentraal-LNR Spesiale Prestasietoetsklas ingeskryf.

Hier is die eienaars van hierdie bulle van links:
Mnre Heinrich Bruwer (Santa Gertrudis, Vryburg), Nico Bouwer (Sussex, Delareyville), Abie Rademeyer (Braunvieh, Petrusville), Dr Piet Botha (Besturende Direkteur van Vleissentraal), Carel Nel (Drakensberger, Brandfort), me Anneri Otto (Hereford, Coligny), mnr André Smit (Charolais, Makwassie), me Ansoria Geldenhuys van Stilfontein, wat met haar Gelbvieh-bul gewen het, me Pat Wethmar (Braunvieh-teler, Bapsfontein), mnr Pieter van Wyk (Rooi Poenskop, Riversdal), me Tracey Devonport (Limousin, Grootvlei), mnre Giepie Rossouw (Pinzgauer, Bothaville), John Devonport, Douglas Fletcher (Angus, Mooirivier), me Charmaine Fletcher en mnr Anton Vos (Uitvoerende Direkteur van Vleissentraal).
<< Gaan terug